Hoe kan jy hierdie knipvaardighede aktiwiteit gebruik?
Hierdie oulike hulpbron gee vir leerders ‘n prettige, kleurvolle manier om hul knipvaardighede te oefen. Dié knipvaardighede aktiwiteit is die perfekte toevoeging tot lesse met ‘Die Lelike Eendjie’ as tema. Al die vorms wat leerders moet uitknip het kleurvolle illustrasies op wat inpas by die storie!
Hierdie hulpbron bestaan uit 3 bladsye met vorms op wat leerders kan uitknip. Elke vorm of grootte verskil. Leerders sal sirkels, reghoeke en meer kan uitknip. Leerders sal mal wees oor die eendjies, swane en ander geliefde karakters wat voorkom op die vorms.
Hierdie hulpbron is reg om te druk en te gebruik, dit is so maklik soos dit! Dit is die ideale hulpbron om te gebruik vir voorskool leerders in Graad R, in die klas of by die huis. Jy kan ook ink bespaar deur die super-eko-kleur weergawe van hierdie hulpbron uit te druk.
Is jy opsoek na meer ‘Die Lelike Eendjie’ hulpbronne?
- Hierdie oulike PowerPoint is ideaal om saam met jou lesse oor ‘Die Lelike Eendjie’ te gebruik. Dit bevat 22 pragtige skyfies wat dié gewilde storie vertel.
- Kyk gerus na hierdie Potloodbeheer Aktiwiteit oor ‘Die Lelike Eendjie’. Leerders kan verskillende paadjies met hul potlode volg om 'Die Lelike Eendjie'-tema prentjies te verbind.
- Laai gerus hierdie Vertoonbanier af om in jou klaskamer te vertoon wanneer jy oor die storie gesels. Dit sal ook ‘n oulike toevoeging maak in die fantasie- of leeshoekie van enige klaskamer!
- Begin gesprekke, ondersteun jou lesse visueel of baseer speltoetse op hierdie handige Woordeskat Plakkaat. Die plakkaat sluit al die kernwoorde van die storie in saam met kleurvolle prentjies.
- Die prentjies op hierdie Speelkleimatte is ook 'Die Lelike Eendjie tema', en dus die ideale toevoeging tot jou les oor die storie! Na dat jy die speelkleimatte gedruk en gelamineer het, kan leerders die instruksies daarop met speelklei uitvoer.
Waar kom die storie van ‘Die Lelike Eendjie’ vandaan?
- ‘Die Lelike Eendjie’ het sy oorsprong in Denemarke.
- Die storie is geskryf deur die bekende Deense skrywer, Hans Christian Andersen.
- Hierdie populêre storie was in 1843 gepubliseer. Die storie is dus al meer as 170 jaar terug gepubliseer!
- Die storie het wel al ‘n vêr pad gestap van 1843 af, aangesien dit reg oor die wêreld in meer as 70 tale versprei is.
- Die storie is intussen ook as inspirasie gebruik vir verskeie boeke, films en vertonings.
- Dit word geglo dat die storie van ‘Die Lelike Eendjie’ die suksesverhaal van die skrywer verteenwoordig. Die verhaal is ‘n algemene manier om te verwys na iemand wat as ‘n buitestaander gesien word, maar wel suksesvol en aanvaar word.
- Die morele les van die storie is om nie iemand te oordeel oor hoe hulle lyk nie!
A video has been prevented from displaying. To view the content, please enable non-essential cookies in your cookie settings.